Baanbreker Voortrekkers presteer

Die kommando gaan steeds van krag tot krag.

Baanbreker Voortrekkers spog vanjaar met wonderlike uitslae in Voorslag- en Presidentsverkenners.

Voorslag is die hoogste toekenning waarvoor ’n laerskoollid, Penkop of Drawwertjie, voor kan werk. Dit is ‘n nasionaal toegekende prestasie-erkenning deur die Voortrekkerbeweging.

Die kommando se Graad Sewes wat Voorslag geslaag het is Anro Bekker, Tiaan Else, Nathan Buys, Elizna Lombaard, Angelique Coetzer, Mia Joubert en Jack Turnbull.

Verder is die Baanbreker Voortrekkers trots op Jurie Pienaar, Arno Hatton-Jones en Ruben Calitz.

Adele Calitz, Jurie Pienaar, Arno Hatton-Jones, Ruben Calitz en Hennie en Annatjie Venter.

Dié drie matrikulante het op 30 Mei die Presidentsverkenner eksamen geskryf en met lof geslaag. Hulle het 8 tot 10 Julie die PV-kamp bygewoon wat internasionaal uitgesaai was en wêreldklas sprekers het deelname hierin gehad. Hulle het ook erkenning by hul skole, Hoërskool Oosterlig en Laerskool Baanbreker, ontvang. Jurie en Ruben was vanaf Graad Een tot Graad 12 Voortrekkers en Arno van Graad Vier tot Graad 12.

Volgens kommandoleier Mari-Louise (Louise) Botha is die kommando trots op die lede se prestasies.

“Dit is waarlik ‘n fantastiese prestasie waar met baie harde werk en toewyding deelgeneem is.

“Elke kenteken op hul Voortrekkerbaadjies is ’n herinnering aan ’n avontuur, unieke ervaring en waar baie vaardighede geleer is. “Kampe wat vir altyd onthou sal word en waar vriendskappe gevorm is.”

Presidentverkenner is die hoogste toekenning wat aan ‘n jeuglid toegeken kan word.

Lees Ook: O, die Baanbreker Voortekkers het ‘n perd, ‘n blink stokperd

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version