Local news

Slaan af vir ‘n goeie doel

Die gholfdag vind op 17 November by die State Mines Country Klub in Brakpan plaas.

Gholfspelers en belangstellendes word uitgenooi na ‘n gholfdag wat aangebied word deur Solidariteit Helpende Hand ten bate van die Oos-Randse takke.

Die dag beloof om een uit die boonste rakke te wees met Morgan Beatbox wat ook teenwoordig gaan wees.

Die prys van ‘n vierbal beloop R3 500 wat geskenkpakke, karretjies, halfweghuis, prysuitdeling, aandete, ‘n vertoning deur Morgan Beatbox en ‘n veiling insluit.

Alle fondse wat op die dag ingesamel word sal aangewend word ter stuiwing van Solidariteit Helpende Hand se Oos-Rand takke om armoede in die gemeenskappe te verlig.

Die gholfdag vind op 17 November by die State Mines Country Klub in Brakpan plaas.

Die skootklap afslaan is om 11:00.

Belangstellendes kan nou reeds bespreek deur vir Mariolette Vorster by 078 523 2705 of vir Charmanay de Klerk by 062 696 3070 te kontak.

Lees Ook: Sakevroue se eerste gholfdag ‘n sukses

Lees Ook: Paw-some support for SPCA’s golf day

   

Related Articles

Back to top button