Help AfriForum en VF Plus om park skoon te maak

Die VF Plus en AfriForum wil ook die park beveilg na die skoonmaaksessie.

Lede van die publiek word uitgenooi om Erfenisdag (24 September) op ‘n produktiewe manier te vier deur die Vryheidsfront Plus en AfriForum Boksburg te help om die Kobus du Rand Park in Van Dyk Park skoon te maak.

Die skoonmaaksessie begin om 09:00.

Volgens VF Plus raadslid Denise Janse van Rensburg is die park onlangs verwoes. Die gebou is onder andere oop gebreek en ‘n lêplek binne die gebou is ontskep.

Janse van Rensburg en lede van AfriForum Frankie Pedeiro (voorsitter), Gerald O’Kelly (ondervoorsitter) en Francois Reyneke, het die park op 21 September gaan besoek om die skade te identifiseer.

“Die VF Plus en AfriForum vat hande om Kobus Du Rand Park te gaan skoon maak. Hiermee vra ons inwoners in Van Dyk Park en omliggende areas om ons te help met die skoonmaak,” het sy verduidelik.

Vrywilligers wat kan kom help word gevra om skoonmaak gereedskap (swart sakke, besems, skoonmaakmiddels) saam te bring.

“Na Saterdag se skoonmaak, sal ons die park beveilig,” voeg sy by.

Vir meer inligting, kontak Janse van Rensburg op 060 780 7881.

Lees Ook: AfriForum knap steeds die stad op

Lees Ook: VF Plus verleen hulp aan New Beginnings

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version