Plaaslike volkspelers geniet byeenkoms in Brandford

Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste Volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen se saal onder leiding van Frans Nolte gehou.

Plaaslike volkspelers het saam met ander junior volkspelers vanoor die hele land onlangs in Brandford byeengekom vir ‘n Pellissierweek.

Die Vrystaatstreek het die week vir die skoliere georganiseer en het ook as gashere opgetree. Vyf junior volkspelers van die Oos-Rand (Inspan Volkspelelaer) het hierdie kursusweek bygewoon.

Volkspele speletjies is ingeoefen en daar is heerlik saamgesing. Nuwe vriende is ontmoet en ou vriendskappe is versterk.

Daar was baie pret en die volkspelers het ook die Vroue Monument asook Rosestad FM in Bloemfontein besoek.

Hierdie radiostasie het hulle met heerlike geskenksakkies verras.

Die week is met ’n spoggerige kersligete afgesluit, waar hulle ’n vertoning van die week se spele aan die gehoor gelewer het.

Lede van die Inspan Volkspelelaer kom Dinsdae om 19:00 by Witfield Park Aftree-Oord bymekaar.

Vir navrae skakel Stiaan (laerleier) by 079 4737 385 of stiaanvdw10@gmail.com of Marita (sekretaresse en tesourier) by 074 116 5497.

Lees Ook: Inspan haal uit en wys in optrede

Lees Ook: Kom maak ‘n tiekiedraai by die plaaslike Inspan Volkspelelaer

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version