Local news

Hoërskool Oosterlig se boogskietkampioen

Die skool is baie trots op dié talentvolle dogter.

Kayleigh van Helden van Hoërskool Oosterlig (Graad Nege) het haar skool se naam hoog gehou tydens die Junie/Julie 2022 Afrika Boogskietfederasie (AGAF)| se toernooi.

Kayleigh is deel van die SA-span wat teen lande soos Namibië, Botswana en Zimbabwe deelgeneem het. Sy behaal ‘n totale skoottelling van 298 uit 300 in die Bull’s eye-afdeling. Dit was die hoogste telling van die toernooi, asook haar persoonlike beste.

Sy verower ‘n eerste plek in die haar afdeling en ‘n derde plek in die algehele junior afdeling.

Die SA-span is ook die kampioenne van die toernooi.

Kayleigh is gekies vir die AGAF span wat later in die jaar deelneem.

Lees Ook: Oosterlig se nuwe hoofleiers is gereed om die leisels oor te neem

Lees Ook: Skrywers by Oosterlig vaar goed

   

Related Articles

 
Back to top button