AdvertorialBusiness

DIE GOUE 50’S FEESVIERING BY SUMMERPLACE

Stigter en eienaar van de Bruin’s Caterers en Summer Place Wedding venue wat hierdie jaar hul 50 jaar feesviering begin afskop.

Klas en styl is sinonieme vir Me. De Bruin. Beter bekend as Ouma de Bruin. Stigter en eienaar
van de Bruin’s Caterers en Summer Place Wedding venue wat hierdie jaar hul 50 jaar
feesviering begin afskop. ‘n Formidabele vrou, onbersipelik en gevul met genoeg intergriteit
om ‘n generasie weer hoop te gee. Terwyl ek saam met ouma de Bruin in haar sitkamer sit,
gevul met alles wat mooi en besonders is van regoor die wêreld, kan ek nie help om ‘n gevoel
van streng ouma liefde te kry nie. Terwyl ek ‘n slukkie tee drink uit die mooiste porselein, durf
ek toe vra waar alles begin het. ‘n Vraag wat ‘n mens weet 50 jaar se verhale, stories en
wysheid inhou. Ek pak my bordjie vol happies en ek sit terug en ouma de Bruin begin… 9
Desember 1972 klop Ena Malan se pa aan haar deur in Alberton. Sy dogter wil trou en die
oom vra of Me. De Bruin die spyseniering sal doen. Donald en Ena is ook hierdie jaar dan 50
jaar terug getroud! Ouma de Bruin vertel van die koue vleise, slaaie, nageregte en koffie en
tee. Sy noem elke prys op van elke stukkie skottelgoed wat sy gehuur het. 5 sent vir ‘n bord en
‘n mes en vurk. Sy noem hoe sy uit haar kombuis begin warm vleise kook het en hoe sy die
speenvarkies gaar gemaak het, moet tog net nie die gerookte kalkoen vergeet nie. Sy giggel
soos sy terug dink en ek kan sien hier kom dit. “300 Mense, ek het nog nooit 300 mense saam
in my lewe gesien nie, maar ek het vir hulle ‘n teaterproduksie gelewer”.

Dis daar waar dit begin het, want na daardie troue toe is
daar 7 troues wat vir haar wag. Sy het die uitdaging gesien
en besef sy wil nie terugkyk nie. Die potte is haar paradys!
Sy het vir ‘n ruk uit haar huis gewerk en toe op ‘n dag staan
die gesondheidsdepartement voor haar deur en noem dat
sy nie uit haar kombuis mag kook nie. “Nog voor die
mannetjie by sy kantoor was, het ek al ‘n plek en die
volgende dag het sy haar lisensie gaan kry – Niemand kan
my mos keer nie”. Sy vertel hoe sy al wat ‘n lelike stadsaal is
mooi gemaak het en funksies gedoen het regoor die land.
Sy’t gekook vir burgermeesters, ministers en al wat ‘n vroue
federasie is. Sy praat en ek eet. Al die verhale is meer
geskik vir ‘n boek. Haar leiding, wysheid en haar
doelgerigte denkwyse is beslis iets wat ons, wat nog nie
eers 50 jaar terug ‘n gedagte was nie, beslis kan
respekteer.

Ek sluk my laaste happie en ek brand om
my vraag te vra. Wat is die laagste punt of
die donkerste tyd wat ouma bietjie laat
tweekeer dink het? Met oë gevul met
deurnis begin sy vertel hoe hierdie
drakoniese wetgewing wat tydens die
langste grendelstaattydperk die hele
industrie seer gemaak het. Sy noem van
haar staff en haar familie, haar mense en
die gemeenskap wat seer gekry het, maar
sy noem nie eenkeer hoe sy en die
besigheid mense gehelp het nie. Dit het ek
na die tyd by haar staff gehoor.

Sy raak stil en kyk na die een van haar mooi tierlantyntjies. Ek spoeg toe my volgende vraag uit.
Wat is ouma se beste herinnering? Iets wat altyd in ouma se hart gegraveer sal wees? Haar oë
spreek weereens boekdele en sy noem hoe haar hele familie al op ‘n stuk vir haar gewerk het,
selfs haar pa en haar ma wat tot ouderdomme van 77 en 80 gewerk het. Maar sy hou nie terug
nie – haar skoondogter Winnie; vanaf die ouderdom van 13 jaar oud het sy saam met Ouma de
Bruin gewerk. Die dankbaarheid en die liefde straal uit ouma se potblou oë uit. “Sy is nie ‘n
skoondogter nie, sy is my dogter”. Sy praat verder hoe trots sy op haar seuns is en die kleinkinders
wat ook die potte hul paradys maak en hoe elkeen net so doelgerig soos sy is. Ek het haar gekeer
toe sy by agterkleinkinders begin… ons ken mos maar ‘n ouma. Ek het eweskielik die
vrymoedigheid hier in hierdie plaas-pophuisie van haar terwyl die pragtige tuine vol lewe is. Wat
is volgende? Wat is die een projek wat ouma nog wil aanpak? Sy noem dat reis in haar bloed is,
maar haar tuine hier by Summer Place haar tyd nou opneem. “My oorlede man het al hierdie
staalstrukture gebou 30 jaar terug toe ons Summerplace begin bou het”.
Die son trek water en ouma de Bruin is besig om haar horlosie dop te hou. Ek besef toe hierdie is
‘n tannie wie se tyd jy nie mors nie. Ek skep ‘n laaste happie in my bord en kyk vir ouma diep in
haar oë en ek vra my laaste vraag. Advies? Vir my, die jeug, die mense wat nie weet wat môre vir
ons mee wag nie. Advies ouma? “Moet nooit terug kyk nie – wees ‘n bedryging en pak elke
uitdaging aan – EN MAAK DIT KLAAR”. Klas en styl, ek bedoel Me. De Bruin is beslis ‘n voorloper in
haar lyn van werk en haar gemeenskap. Met haar ondersteuningsnetwerk, haar familie, haar staff
en haar kliente kan ‘n mens net opnuut besef waarom sy so suksesvol is. Ek besef nou hoekom sy
haar onderneming begin het en vir 50 jaar groter en groter gegaan het! Ouma vat so aan my
arm toe ek wou opstaan en sy sê: “Dankie aan elke klient, elke vriend en elke familielid, ek sê
dankie vir elke stout kelner wat by my gewerk het en ek sê dankie vir die gemeenskap” – maar
net so klein bietjie harder sê sy dankie aan ons Hemelse Vader en Sy genade.

https://www.summerps.co.za/#

Related Articles

Back to top button