Schools

Concordia se bloedskenkdag stil

Die volgende bloedskenkdag sal by EG Jansen gehou word, maar die datum is nog nie bekend nie.

Dit was ‘n stil bloedskenkdag by Laerskool Concordia op 4 Augustus, waar die skool 16 eenhede bloed ingesamel het.

Volgens Peter Mafela van die bloedbank was hulle teiken hierdie maand 46.

“Baie van die skool se gereelde skenkers het reeds elders bloed geskenk of dit is nog te vroeg vir hulle om weer te skenk.”

Ronel Steenkamp, projekbestuurder, bedank almal wat hul moue opgerol het om die projek te ondersteun.

Laerskool Concordia het in 2021 hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen. Die skole het besluit om nou om die beurt maandeliks bloedskenkdae aan te bied.

EG Jansen het 26 eenhede ingesamel tydens ‘n bloedskenkdag op 27 Julie.

Lees Ook: Ronel maak steeds druppel vir duppel ‘n verskil met bloedskenkprojekte

Lees Ook: Laerskool Concordia se bloedskenkprojek kort ondersteuning

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button