Local news

Ronel maak steeds druppel vir duppel ‘n verskil met bloedskenkprojekte

Ronel was nog altyd passievol bloedskenk omdat sy in 'n huis grootgeword het in 'n huis waar haar ouers beide skenkers was.

“Bloed is ‘n wonder vloeistof waarsonder mense nie kan lewe nie. Anders as water val bloed nie uit die lug uit nie. Dus om iemand wat bloed kort se lewe te red het ons mense meet groot harte nodig wat hul moue sal optrek om bloed te skenk.”

Dit is die woorde van Hoërskool Dr EG Jansen ondervoorsitter van die beheerliggaam, Ronel Steenkamp, wat ook die organiseerder is van die skool en Laerskool Concordia se bloedskenkprojek.

Aangesien Junie Wêreld-bloedskenker maand is, het die Boksburg Advertiser by Ronel gaan inloer on meer uit te vind oor haar projek en passie vir bloedskenk.

Steenkamp het die projek van stapel gestuur by Concordia in 2018, waar sy in daardie stadium gedien het op die beheerliggaam.

By die skool tot dusver is 1498 eenhede ingesamel, dus ongeveer 4494 lewens is gered.

In 2019 het die skool ook die rekord gebreek van die meeste eenhede bloed wat binne 12 ure geskenk word deur 516 eenhede bloed in te samel.

Tydens Covid-19 kon die skool nie een groot bloedskenkdag hou nie en het besluit om op ‘n maandelikse basis bloed in te samel.

Sedert 2021 het Ronel die twee skole gekry om hande vat en nou hou die skole om die beurt bloedskenkdae.

“Ek het grootgeword het in ‘n huis waar my ouers beide bloed skenk. Dus is ek passievol, want met bloedskenk red ons lewens. Jy gee van jouself en dit kos nie ‘n sent nie, net ‘n paar minute van jou tyd, “ het die Witfield-inwoner verduidelik.

Hoe het Ronel dit reggekry om vrou alleen die projek by die skole te begin?
“‘n Positiewe en ‘n energieke gesindheid werk altyd. Dit was glad nie maklik nie. Ek het by Concordia begin. Hulle was tegemoetkomend van dag een af. Die bloedbank doen al die werk. Al wat ons moet doen is om die skenkers daar te kry

“Toe ek na EG Jansen oorgeskuif het was hul ook positief oor die projek.”

Ronel is baie passievol daaroor om die jeug betrokke te kry by bloedskenk.

“As ’n mens van vroeg af blootgestel word aan bloedskenk en die feit dat een skenker per skunking tot drie lewens kan red, sal die jeug meer toeganklik wees om as volwassenes bloed te skenk. So word dit ‘n positiewe kringloop.

“Bloed kan nie in ‘n fabriek gemaak word nie. Daar is geen plaasvervanger vir bloed nie,” het Ronel, ‘n mediese verteenwoordiger, bygevoeg.

Covid-19 uitdaging
Volgens Ronel het Covid-19 die projek vir hul uitdagend gemaak.

“Weens die pandemie kon mense nie bymekaar kom nie. Dit blyk ook of mense nou meer skrikkerig is om te skenk. Nou werk ons hard om mense weer te oortuig om bloed te skenk,” het sy beklemtoom.

Dit is haar droom om Concordia se rekord in die Guinness Book of Records te laat opteken.

“Ons kon nie laas daarin slaag om dit amptelik in die boek te laat opteken nie. Dit is moeilik. Ons beplan om hierdie jaar weer ‘n groot bloedskenk dag te hou en hopelik kan ons dit dan laat opteken.”

Ronel doen ‘n beroep op die publiek om bloed te skenk en ook besighede en ander instansies om bloedskenkdae te hou.

Hou die Boksburg Advertiser dop vir die opkomende bloedskenkdae.

Lees Ook: Good support for SANBS at Impala Park market

Lees Ook: SANBS shops for blood

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button