Hierdie jaar het talle leerders weer baat gevind by Solidariteit Helpende Hand se nasionale Skooltassie-projek
Die Oasis Boksburg-tak het 20 tassies by Laerskool Goudrand uitgedeel en 11 by die Happy Tiger Nursery.
Helpende Hand sit sedert 2007 ’n tassie, met die nodige skryfbehoeftes, in ’n behoeftige graadeentjie se hand.
So verseker die organisasie gelyke wegspringkans vir al die kinders.
Lees Ook: Bernina Boksburg bring vreugde aan senior burgers
Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers maak harte oop teenoor ouetehuis