Local news

Jandré is steeds lus vir die lewe ten spyte van sy ervaring met kanker

Jandré het 'n spontane liefde vir die lewe.

Al is die newe-effekte van die chemoterapie nog rof op die ses-jarige Jandré van Coller van Boksburg se liggaam, veral sy longe, gaan dit oor die algemeen baie goed met hom.

Jandré is in Mei 2019 met ‘early acute lymphoblastic leukaemia’ gediagnoseer. Hy is behandel met twee tipes chemo, peg laspar en nelerabrine. In Augustus 2019 is hy in remissie en in Oktober 2019 het hy ‘n suksesvolle beenmurgoorplanting ondergaan.

In die lig van Kinderkankerbewustheidsmaand, in September, het die Advertiser by Jandré se ma, Angelique van Coller, ingeloer om uit te vind hoe dit nou met hom gaan.

“Sy immuunstelsel is nog besig om te herstel. Die chemo het alle beenmurg selle doodgemaak voor hy die oorplanting kon kry.

Volgens Angelique het Jandré ook ‘pulmonary fibrosis’, dus long skade.

Sy suurstof is meestal te laag wanneer hy siek is.

“Jandré is ook van tyd tot tyd op sterk kortisoon behandeling om inflammasie in sy longe te verminder wanneer hy siek is. Dit het weer ‘n negatiewe effek op sy gewig,” het Angelique bygevoeg.

Verder is die brawe seuntjie gelukkig by die laerskool waar hy nou in Graad R is.

“ Hy doen alles in oorgawe. Dit is amper asof hy regtig besef dat hy ‘n tweede kans gegun is. Hy is ‘n regte terggees en almal is outomaties lief vir die liefde vir die lewe wat uit sy lyfie uitstraal.

Dit gaan ook goed met Jandré se negejarige boetie, Pedrie.

Tog is druk party dae groot op die gesin en dan is dit moeilik om alles te verwerk.

“Ons is wel ongelooflik geseënd met pragtige vriende wat ons so mooi bystaan en optel wanneer ons emosioneel moeg is. Ons is baie lief vir God en ons sien Sy hand in alles raak. As mens terugkyk, kan jy nie help om hartseer te wees oor alles wat Jandré al deurgemaak het en wat hy steeds deurmaak nie. My hart bloei as ek dink hoe baie ander gesinne daar buite is wat deur kanker geraak is. Dis nie ‘n maklike pad nie en dit hou nie op wanneer jy in remissie is nie,” het sy beklemtoon.

Haar raad aan ouers is, “As jy ongemaklik voel met ‘n gesondheidstoestand waarmee jou kind sukkel, moenie toelaat dat dokters jou van die teendeel probeer oortuig nie. Volg jou instink en kry n tweede opinie. Ons het vir baie lank antwoorde gesoek vir geswelde kliere en swak ‘n immuunstelsel.”

Lees Ook: Young Jandré set to get bone marrow transplant

Lees Ook: Jandré is still cancer-free

   

Related Articles

Back to top button