Susan Badenhorst Voortrekkers kamp lekker

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakterbou en pret.

Die Jeuglede van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando was die afgelope vakansie bedrywig en het lekker gekamp.

• Daar was die Oostelike Penkop en Draawertjie kamp te Hartbeesfontein plaas in die Dikoneng natuur reservaat. Die kamp van 24 tot 30 Junie was by gewoon deur vyf jeuglede met ses offisiere. Daar was in totaal oor die 250 kinders en 66 offisiere van oor land.
Kentekens wat vir die kinders aangebied is oor die vyf dae is spele (Graad Een), knope (Graad Twee), toeke (Graad Drie en Graad Vier) Anglo Boere oorlog (Graad Vyf), kampering, ruiterkuns, sterrekunde of staptogte (Graad Ses en Sewe).

• Die Seejol seekamp was ook bygewoon deur twee verkenners (hoërskoollede) en twee staatmakers (werkende jeuglede). Die kamp was van 24 Junie tot 3 Julie te Hartenbos ATKV kampgronde. Die busse het al reeds vroegaand vertrek vanaf Hoërskool Waterkloof. Die kentekens wat aangebied word tydens die kamp is seekunde en kuswag (Graad Agt), strandstudie en grotte (Graad Nege), strandvernuf en natuurbewaring (Graad 10), rots en rotshengel (Graad 11) en branderplank ry en waterveiligheid (Graad 12).

• Daar is tans nog ‘n seekamp, Branderkaperjolle, wat ook deur verskeie kinders oor die hele Suid-Afrika bygewoon word.
Die kommando begin weer Maandag 26 Julie te NG Kerk Witfield, Lowser Straat, Witfield vanaf 17:15 tot 18:15.
Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak. Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes, ouers en die gemeenskap om betrokke te raak.
Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp-boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekkerkommando toon groei tydens inlywingsfunksie

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando vier 42ste verjaarsdag in styl

   

Exit mobile version