Boksburg Rugbyklub rou na afrigter se afsterwe

‘n Groot gees in rugby het geval ná Lukas van Schyff, hoofafrigter van Boksburg Rugbyklub eerstes, op 23 Junie in die ouderdom van 47 skielik oorlede is.

Dié Vereeniging-inwoner, wat al vyf jaar betrokke is by die klub, het vermoedelik aan ‘n hartaanval gesterf.

Volgens Rinus van der Linde, die Uile se voorsitter, is die klub in rou en is sy afsterwe ‘n groot skok.

“Dit is met hartseer en leedwese dat ons verneem van die afsterwe van Lukas. Hy was ‘n merkwaardige afrigter en altyd bereid om te help. Lukas gaan ‘n groot leemte los by Boksburg Rugbyklub se lede en bestuur.

“Hy was baie passievol oor rugby. Dit was sy lewe. Hy was na sy speelloopbaan steeds betrokke by rugby deur af te rig. Hy was ‘n groot ambassadeur vir rugby,” het hy verduidelik.

Die Advertiser het voorheen berig dat Lukas voorheen Vereeniging se kaptein was.

Hy laat sy vrou en vier kinders agter.

In hierdie stadium is daar nie inligting oor ‘n roudiens beskikbaar nie.

Lees Ook: Wegholsege vir Boksburg Rugbyklub

Lees Ook: New Owls coach sets sights on league glory

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version