Susan Badenhorst Voortrekkerkommando toon groei tydens inlywingsfunksie

Die kommando gee die jeug die geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret.

Susan Badenhorst Voortrekkerkommando het hulle jaarlikse inlywingsfunksie op 28 Mei te NG Kerk Witfield gehou.

Volgens kommandoleier Gerhard Marais is hulle bevoorreg om hierdie jaar te kon groei van net meer as 20 lede tot meer as 60.

Tydens hierdie geleentheid was 21 Penkoppe en Drawwertjies (learskoollede), 11 verkenners (hoërskoollede), vyf offisiere en twee heemraadslede ingelyf.

Die geleentheid is ook bygewoon deur die gebiedsleidster van Transvaal Zandra Machin asook Marilize Marais, adjunk oordleidster van Oord Oosvaal.

“Tydens die funksie het die Verkenners ook ‘n Juk aan die Kommandodagbestuur oorhandig. Die Juk is n simbool van die vyf jaar wat ‘n jeuglid ‘n verkenner is.

“Na ’‘n pragtige geleentheid is daar heerlik gekuier oor ‘n koppie sop,” het Marais gesê.

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 te NG Kerk Witfield, Lowther Straat 65 bymekaar. Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak.

Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers in die gemeenskap om betrokke te raak.

Vir meer inligting, stuur ‘n Whatsapp boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Lees Ook: FTC Modderfontein beïndruk Susan Badenhorst Voortrekkers

Lees Ook: Oud-Susan Badenhorst kommandolede genooi na verjaarsdagvieringe

   

Exit mobile version