Local newsNews

Baanbreker Voortrekkers bedrywig

Die kommando gaan steeds van krag tot krag.

Die Baanbreker Voortrekkers het onlangs sy nuwe Voortrekkerlede wat hierdie jaar aangesluit het tydens ‘n spesiale funksie te Laerskool Baanbreker verwelkom.

Tydens hierdie inlywingsfunksie het elke lid die Penkop Drawwertjie belofte gesê en het ‘n sertifikaat ontvang.
Tradisionee word ‘n hoekie van die sertifikaat gebrand.

Verder het die kommando se drie Verkenners, Voortrekkers in matriek, pas die Presidentverkenner eksamen afgelê.

Elkeen van hulle, Jurie Pienaar, Arno Hatton–Jones en Ruben Calitz, het die eksamen met lof geslaag.
“Ons is baie trots op hierdie drie seuns. Nou lê daar nog die Presidentverkenner toetskamp voor, waarna hulle dan die Presidentverkenne

r toekenning verwerf. Hierdie toekenning is die hoogste wat ‘n jeuglid kan verwerf.

“Veral is ons ook trots en dank

baar teenoor die span se offisier, Adele Calitz. Sy het baie voorbereiding gedoen en geen tyd en moeite ontsien om hierdie drie deur hul Voortrekkerloopbaan te help,” het Hennie Venter, kommandoleier, gesê.

Die Baanbreker Voortrekkers kom elke Maandag van 16:00 tot 17:00 by Laerskool Baanbreker bymekaar.
Vir enige inligting oor die kommando kan 083 560 7574 geskakel word.

Lees Ook: Baanbreker Voortrekkers geniet jaarlikse kerkdiens

Lees Ook: Laerskool Baanbreker se atlete blink uit

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button