VLU vereer Anna vir 40-jaar diens

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig.

Anna Erasmus van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Boksburg tak is op 27 Februarie vereer vir 40 jaar se diens tydens die VLU se konferensie te Springs.

Volgens die plaaslike VLU-tak se skakelbeampte Hettie Robinson is Erasmus se 40ste jaar diensknopie aan haar oorhandig.

“Sy is een van die seldsame mense wat nou al 40 jaar aan die VLU verbonde is en sy is gelukkig as sy haar deel kan bydra tot die kompetisies wat jaarliks deur die VLU aangebied word,” het Robinson verduidelik.

Robinson het benadruk die VLU bestaan al vir 90 jaar en is altyd op soek na nuwe talent.

“Kom en geniet ‘n koppie tee en eetdingetjie saam met ons lede,” het sy bygevoeg.

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg-tak kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Alta Prinsloo kan by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae gekontak word.

Lees Ook: Boksburg VLU sluit jaar af

Lees Ook: Word deel van die VLU in Boksburg

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version