Local newsNews

Voortrekkers skop jaar af met waatlemoenfees

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, gestig op 22 Januarie 1980, is ’n dinamiese jeugbeweging wat steeds groei.

Die Baanbreker Voortrekker Kommando het op 24 Januarie bedrywighede vir 2022 op ‘n hoogteput afgeskop met ‘n waatlemoenfees te NG Kerk Witfield.

“Die kinders en offisiere het ewe lekker gedeel in die speletjies en waatlemoene. Almal het onder die waatlemoenskil deurgeloop en het aan die einde van die aand taai gegroet om huis toe te gaan,” het Gerhard Marais, kommandoleier, gesê.

Een van die nuwe jeuglede, wat graag anoniem wil bly, het bygevoeg: “My middag by die Voortrekkers was baie lekker. Jy eet waatlemoen en as jy klaar geëet het smeer jy dit in mekaar se gesigte. Dit is baie lekker. Kom asseblief en woon Die Voortrekkers by.”

Susan Badenhorst Voortrekker Kommando, gestig op 22 Januarie 1980, is ’n dinamiese jeugbeweging wat steeds groei.

“Ons is ’n beweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en pret,” het Marais vertel.

Die kommando kom elke Maandagmiddag tussen 17:15 en 18:15 bymekaar te NG Kerk Witfield, Lowtherstraat 65.

Alle kinders van Graad R tot Graad Sewe en hoërskoolleerders word uitgenooi om betrokke te raak. Die beweging bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers in die gemeenskap om betrokke te raak.

Vir meer inligting, stuur ’n Whatsapp-boodskap aan die kommando by 083 293 1107.

Lees Ook: Voortrekkers skenk aan Solidariteit Helpende Hand

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando vier 42ste verjaarsdag in styl

 

Related Articles

 
Back to top button