Local newsNews

Helpende Hand Boksburg se tassie-projek weer ‘n sukses

Die tassies is gevul met skryfbehoeftes en hulpmiddels wat verseker dat elke Graad Een die geleentheid het om sy of haar potensiaal te verwesenlik.

Talle leerders het onlangs weer baatgevind by Solidariteit Helpende Hand se jaarlikse Skooltassie-projek.

Die projek is daarop gemik om behoeftige Graad Eens te bemagtig om op dieselfde vlak as hul maats die skooljaar te kan begin. Altesaam 30 tasse is vanjaar by Boksburg laerskole wat aansoek gedoen het (Laerskool Goudrand, Laerskool Witfield en Laerskool Van Dyk Park Primary) uitgedeel.

Elke tas is gevul met skryfbehoeftes en hulpmiddels wat verseker dat elke Graad Een die geleentheid het om sy of haar potensiaal te verwesenlik.

André Zeelie, voorsitter van die Boksburg-tak, het genoem dat dit ’n seëning is om projekte soos hierdie te kan aanpak.

“Met ons Skryfbehoefte-projek poog ons om die res van behoeftige leerders, Graad Twee tot 12, te voorsien van ’n skryfbehoeftepakket. Ons is egter totaal afhanklik van die gemeenskap en enige donasies is meer as welkom,” het die voorsitter gesê.

Donasies in die vorm van goedere soos klere en skoene, linne, meubels, kombuisware sal waardeer word.

Vir meer inligting, kontak André by 060 550 6077.

Lees Ook: Helpende hand het die publiek se hulp nodig

Lees Ook: Helpende Hand Boksburg reik uit na ouetehuise en instansies

   

Related Articles

Back to top button