Local newsNews

Ondersteun Geloftediens te Klipkerk

Kom gee uitvoering aan die Gelofte deur die diens by te woon.

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, wat belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om by te woon.

So kry die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.

Volgens Alta Prinsloo is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend en die opkoms besonders goed.

“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend om 05:00 te Prince George Park se sportterrein aan te bied,” het van der Merwe vertel.

Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

Vanaf 2004 word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG-kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.

Vanjaar word die Geloftediens om 9:00 weer by dié kerk gehou, gelei deur Ds Janrè van Jaarsveld van die Gereformeerde Kerk, Boksburg.

Daar gaan vooraf hartlik saamgesing word, wat reeds om 8:40 begin.

’n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds.

’n Donasie vir motorwagte sal ook welkom wees.

“Kom laat ons uitvoering gee aan die Gelofte wat deur ons voorouers afgelê is en sê aan ons kinders dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, Hierdie jaar is Covid-19 regulasies egter van toepassing,” het sy gesê.

Vir meer besonderhede skakel Prinsloo by 082 612 0844 of Eugene Janse van Rensburg by 079 246 5814.

Lees Ook: VLU Goudrif-streek sluit jaar af

Lees Ook: Geloftediens weer gehou

   

Related Articles

Back to top button