Rudi Claase en Jomari Beukes stel sokkieliedjie vry

Om lirieke en melodieë te kombineer is soos ‘n tweede natuur die talentvolle plaaslike kunstenaar.

Gewilde sanger en liedjieskrywer Rudi Claase van Rynfield sing oor liefde saam met Jomarie Beukes in ‘n nuwe enkelsnit, Mis die Lockdown, wat onlangs uitgereik is.

Volgens Claase is Mis die Lockdown ‘n lekker tong-in-die-kies sokkie/dansliedjie wat uit sy eie pen kom.
“Ons is almal al siek en sat vir Covid en maskers dra. Die liedjie gaan basies oor hoe ‘n verliefde paartjie bereid sou wees om met ‘n plan vorendag te kom om die inperking te mis en kieme trotseer om bymekaar te wees.
“Ons het net gedink na so ‘n lang en moelike jaar sal mense net iets lekker upbeat wil hoor, al moet jy alleen in jou sitkamer dans,” het Claase gesê.

Dit is die eerste keer dat Claase en Beukes ‘n enkelsnit saam sing.

Mis die Lockdown is nou op alle digitale platforms soos iTunes, Joox en Spotify beskikbaar.

Dié Rynfield-inowner, wat reeds op die ouderdom van byna vyf agter die klavier ingeskuif het, het veral bekend geraak toe hy destyds saam met die sangeres Corlea Botha as die sangduo,

Die Lieflinge, opgetree het. Rudi se vernuf het hom goue, platinum – en dubbelplatinumstatus, drie Tempo- en twee Vonktoekennings besorg. Hy het ook onlangs die gesogte Ghoema en ATKV se Afrikoon-toekennings ingepalm.

Sy treffers sluit in Juanita du Plessis se Tussen Woorde, Andriëtte Norman se Sewe Oseane en Pêrel vir ‘n Kroon en Die Lieflinge se As ek sing.

Lees Ook: Rudi Claase weer positief vir Covid-19

Lees Ook: Rudi Claase se nuutste album verkoop soos soetkoek

   

Exit mobile version