Oosterlig blink uit in skryfkompetisie

Die skool is trots op die leerders se prestasies.

2021 is ’n jaar van baie eerstes by Hoërskool Oosterlig.

Die spogskool het vir die heel eerste keer aan die Beeld-skryfkompetisie deelgeneem.

Skole kon drie leerders per graad se kreatiewe skryfwerk, wat tussen Januarie en 31 Augustus verskyn het, inskryf. Hierdie skyfwerke is dan op nasionale vlak beoordeel. Die kompetisie was stram, met skole van regoor die land wat mekaar die stryd aan gesê het.

Oosterlig is deel van die Top 40 Afrikaans huistaal hoërskole. Die skool spog ook met een van sy eie Graad 11-leerders, Nicole Meyer, wat een van Afrikaans huistaal se top leerders is.

Lees Ook: Oosterlig se top 10 leerders aangekondig

Lees Ook: Oosterlig lewer nasionale skut op

   

Exit mobile version