Boksburg VLU geniet Oktober vergadering

Die VLU glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg Vroue Landbou-unie (VLU) se dames het onlangs te NG Kerk Boksburg, ook bekend as die Klipkerk, vir ’n maandelikse vergadering bymekaar gekom.

“Ons het vergadering gehou en daar is van die dames se handwerk vertoon. Tannie Marthie Oosthuizen was die gasvrou vir die maand en het die lekkerste eetgoed aan ons bedien. Tannie Anna Erasmus het beskuit wat sy gemaak het gebring om beoordeel te word.

“Daar word ook lootjies verkoop teen R10 vir ’n porseleinpop,” het Hettie Robinson, skakelbeampte van Boksburg VLU, verduidelik.

Lootjies sal tot middel 2022 te koop wees by VLU dames en dit sal help om die tak se fondse op te bou vir ’n kongres in 2023. Die tak sal dit waardeer as die publiek dié inisiatief ondersteun.

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg-tak kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Alta Prinsloo kan by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae gekontak word.

Lees Ook: Boksburg VLU hartseer na Tannie Wilmina sterf

Lees Ook: Die VLU gaan steeds van krag tot krag

   

Exit mobile version