#Concordiabloedskenk: skenk hierdie maand bloed by Concordia

Die span van die nasionale bloedbank sal van 08:00 tot 16:00 gereed wees om skenkers by te staan.

Laerskool Concordia nooi die publiek uit om op 14 en 15 Oktober hul harte oop te maak teenoor die SANBD tydens sy bloedskenkdae.

Die skool is te Rietfonteinweg 9 geleë en die span van SANBD sal van 08:00 tot 16:00 gereed wees om skenkers by te staan.

“Ons wil graag die SANBD help om bloed in te samel en ons moedig ouers en lede van die publiek aan om die inisiatief sal ondersteun,” het Ronel Steenkamp, projekorganiseerder, gesê.

Weens die pandemie kon die laerskool nie in 2020 ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op ’n tweemaandelikse basis bloed in. Concordia het onlangs hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen, en die skole hou nou maandeliks om die beurt bloedskenkdae.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: 58 eenhede bloed ingesamel in Augustus

Lees Ook: Bloed vloei vir bloedbank by EG Jansen

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version