Local newsNews

Plaaslike matrikulant blink uit by Vivarté Kunstefees

Gouws is van kleintyd kunstig en het goedere uit Lego, hout en plastiek gemaak.

Stefan Gouws, ’n matriekleerder van Hoërskool Dr EG Jansen, het onlangs by die Vivarté Kunstefees beïndruk.

Gouws het soos in die vorige drie jaar aan skryfkuns en beeldhouer/3D kunswerk deelgeneem. Hierdie jaar het Gouws die X-Faktor-kategorie ingepalm. Hy deel ook die beeldhouer/3D kuns-toekenning met Shanique Smith.

Stefan Gouws se kunswerk. Foto: Verskaf.

By EG Jansen kon hy homself uitleef in verskeie vorme van kuns. Hy was van Graad Agt betrokke by die klankafdeling en het gevorder tot senior klankman in Graad 12.

Die talenvolle kunstenaar het ook aan die skool se jaarlikse revue deelgeneem. Hy het in 2019 nie net gedans nie, maar ook as solo sanger en in ’n groep gesing. Ongelukkig is 2020 en 2021 se revue afgestel.

Gouws is van kleintyd kunstig en het goedere uit Lego, hout en plastiek gemaak.

Sy stokperdjies sluit nie net 3D-kunswerke in nie, maar rekenaarspeletjies ook. Plante versorg, tuin uitleg en houtwerk is alles deel van sy belangstellings. Hy was ook vanaf Graad Nege deel van die skool se eerstespan hokkie vir seuns.

Gouws droom daarvan om betrokke te raak by ’n kunstenaar as ’n klank assistent/ingenieur.

Lees Ook: EG Jansen learner has a keen interest in music

Lees Ook: Jansies vaar goed in Con Spirito se aanlynkunswedstryd

   

Related Articles

Back to top button