Boksburg Rugbyklub vier oorwinning teen Witbank

Die tuisspan se Grant Human het beïndruk en is as KWV Speler van die Wedstryd aangewys.

Die Makopano Boksburg Rugbyklub bly onoorwonne tuis in die Makopano Covid Memorial Cup na ’n indrukwekkende oorwinning teen Witbank te Prince George PArk op 25 September.

Boksburg het in die stryd Witbank met 38-5 die loef afgesteek.
Die Uile (Boksburg) het 19-0 voorgeloop toe die fluitjie vir halftyd geblaas het.
Boksburg se Brandon Swart, wat gewoonlik agtsteman speel, het in hierdie kragmeting uitgeblink op senter en ’n driekuns aangeteken.
Die tuisspan en Peter Grant het ook beïndruk en is as KWV Speler van die Wedstryd aangekondig.

Boksburg se hoofafrigter, Lukas van der Schyff, het na afloop van die wedstryd gesê: “Ons het individuele ouens gehad wat vir ons punte op die telbord gesit het, maar as ’n span het ons nie so goed gespeel nie.

“Daar is beslis ruimte vir verbetering. Ons kon verder gewen het as ons soos ’n span gespeel het, maar ons sê dankie vir die span.
“Op hierdie stadium glo ek die span kwalifiseer vir die finaal,” het hy gesê.

Puntemakers: Willem Botes (drie), Peniel Tshamala (drie), Takkie van Staden (drie), Brandon Swart (drie drieë, doelskop), Deon Smit (doelskop), Henry Pike (twee doelskoppe).

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub verloor teen Witbank

Lees Ook: Wegholsege vir Boksburg Rugbyklub

   

Exit mobile version