Local newsNews

Huis Dien Bothma reflekteer

Bestuursprosesse het drasties verander, met onverwagte uitbreek van siektes, spanning en verlies aan inwoners, verlengde werksure met gepaardgaande kostes.

SAVF Huis Dien Bothma het gereflekteer op die 2020/21 finansiële jaar in ’n virtuele algemene jaarvergadering op 10 September.

Voorsitter Johan Louw het in sy verslag gesê: “Die jaar wat verby is, was seker as gevolg van Covid, en die ontwrigting wat dit teweeg gebring het, een van die moeilikste jare vir ons as bestuursraad en vrywilligers. Die pandemie het elkeen van ons op ‘n vreemde, onbekende en uitdagende wentelbaan geplaas wat meer gevra het as normale versorging en omgee.”
Hy het bygevoeg bestuursprosesse het drasties verander, met onverwagte uitbreek van siektes, spanning en verlies aan inwoners, verlengde werksure met gepaardgaande kostes.

“Bestuur van protokol en deurlopende vrees vir die aansteeklike siekte het ongekende operasionele bestuursuitdaging teweeg gebring. Nuwe maniere moes gevind word vir vergaderings en daaglikse besluitneming, en steeds moes die kwaliteit van dienslewering gehandhaaf word. 

“Die ekonomiese verval van ons gemeenskappe is ‘n bekommernis as ons kyk na bekostigbaarheid van versorging. Projekte wat in beplanning is sal deurlopend aangepas moet word om te verseker dat ons op die voorpunt bly van moderne tegnologie en bestuursprosesse,” het hy gesê.

Hy het sy dank uitgespreek vir elkeen se ondersteuning.

Huis Dien Bothma se bestuurder, Tiekie Mertens, het in haar verslag ook al die tehuis se ondersteuners, vrywilligers en bestuur bedank.
Elize McGluwa (streeksbestuurder) het ook die nuwe diensbestuur tydens die vergadering aangekondig. Hulle is Johan Louw, Makkie van der Merwe, pastoor Annatjie Keefe, Reegan Hendricks, Pieter Kruger en Tertius Wessel.

Lees Ook: SAVF Huis Dien Bothma to hold virtual AGM

Lees Ook: Visiting booth at Huis Dien Bothma brings hope to senior citizens

   

Related Articles

Back to top button