NewsSchools

Concordia maak harte oop teenoor Huis Dien Bothma

Die leiers het 35 bokse ingesamel.

Laerskool Concordia se leiers het onlangs inwoners van SAVF Huis Dien Bothma se harte verbly toe hulle skenkings afgelewer het.

Die leiers het die afgelope twee weke 35 bokse ingesamel met items soos badgoed, deodorant, waslappe, sneesdoekies, koekies en lekkergoed.

Tydens die oorhandiging het leerders ook tyd saam met die senior burgers spandeer terwyl hulle aan Covid-19-regulasies voldoen het.

Tiekie Mertens, Huis Dien Bothma se bestuurder, het haar dank uitgespreek teenoor die skool se barmhartige gebaar.

“Opregte dank en waardering dat die groep leerders en onderwysers die inisiatief geneem het om uit te reik na ons bejaarde inwoners wat tydens die pandemie nie altyd die geleentheid gehad het om hul families of besoekers te sien nie,” het sy gesê.

Lees Ook: Laerskool Concordia samel weer eens bloed in

Lees Ook: Laerskool Concordia spog met nuwe leiers

   

Related Articles

Back to top button