VLU deel lief en leed by September vergadering

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Vrou Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak het op 1 September ‘n spesiale algemene maandvergadering gehou te NG Kerk Boksburg, ook bekend as die Klipkerk.

Tydens die geleentheid het die lede van die tak lief en leed gedeel.

Hul het ook ‘n kers aangesteek tot eer van Tannie Wilmina Prins (jare lange staatmaker en oud-voorsitter, oud-visevoorsitter en tesourier van die tak ) en al die mense wat die Boksburg-tak aan die dood afgestaan het.

Magriet Marx het die kers aangesteek tot eer van Tannie Wilmina Prins en al die mense wat die Boksburg-tak aan die dood afgestaan het.

In die vergadering is Madeleine Louw as die nuwe tesourier aangestel. Ander lede van die bestuur is Alta Prinsloo (voorsitter), Magriet Marx (visevoorsitter), Petra Nelson (sekretaresse) en Hettie Robinson (skakelbeampte).

Aan die einde het vroue heerlike peuselhappies saam met tee of koffie geniet.

Prinsloo moedig al die vroue in Boksburg aan om ’n draai by die volgende VLU vergadering te maak.

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig. Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg-tak kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

“Ons lede is vriendelik en sal enigiemand met ope arms verwelkom,” het Prinsloo gesê.

Alta Prinsloo kan by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae gekontak word.

Lees Ook: Boksburg VLU hartseer na Tannie Wilmina sterf

Lees Ook: Plaaslike VLU-tak hou jaarlikse prysuitdeling

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version