#Concordiabloedskenk: 58 eenhede bloed ingesamel in Augustus

Concordia het in Maart 75 eenhede, in April 46 eenhede, in Mei 37 eenhede en in Junie 14 eenhede bloed ingesamel. Die skool het weens Covid-19 besluit om nie in Julie bloed in te samel nie.

Laerskool Concordia se bloedskenkprojek is weer goed op dreef nadat hulle op 18 en 19 Augustus ‘n totaal van 58 eenhede bloed vir die SANBD ingesamel het.

Een-en-dertig mense het op die eerste dag bloed geskenk en 27 op die tweede dag.

Weens die pandemie kon die skool sedert 2020 nie ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op ‘n maandelikse basis bloed in.

Concordia het in Maart 75 eenhede, in April 46 eenhede, in Mei 37 eenhede en in Junie 14 eenhede bloed ingesamel. Die skool het weens Covid-19 besluit om nie in Julie bloed in te samel nie.

Trude Gaarekoe (SANBD), Donald Pitsi en Natalie Griessel (skenker) tydens Laerskool Concordia se bloedskenkprojek in Augustus.

Volgens Ronel Steenkamp, projekorganiseerder en skakelbeampte van Concordia, is die skool dankbaar teenoor die gemeenskap wat die projek ondersteun deur bloed te skenk.

“Ons leef in onsekere tye, maar die skenkers wys dat ons gemeenskap se harte nog warm klop vir mekaar.

“Concordia het hierde jaar al 230 eenhede bloed ingesamel. Dit beteken dat ons kon help om ongeveer 690 lewens te red,” het sy gesê.

Trude Gaarekoe van die nasionale bloedbank het gesê: “Namens die SANBD en al die pasiënte wat bloed benodig wil ek dankie sê aan Laerskool Concordia se bestuur, beheerliggaam en ouers. Ons waardeer hul ondersteuning.

“Saam kan ons dit doen. Jou bloed red lewens.”

Lees Ook: #Concordiabloedskenk: 37 eenhede bloed ingesamel in Mei

Lees Ook: Nog ’n bloedskenk rekord wink vir Concordia

 

Exit mobile version