Local newsNews

Sarie Klub kanselleer funksies vir 2021

Sarie Klub is in 1971 deur Sarie Oberholzer en Babs Maré gestig en elke jaar het die groep vroue ’n reuse verskil in die gemeenskap gemaak.

Lede van die Sarie Damesklub sal eers weer volgende jaar bymekaar kan kom nadat die klub aangekondig het dat al sy funksies vir die res van die jaar weens Covid-19 gekanselleer is.

Die Saries het in Mei laas byeengekom toe hul ‘n informele ontbyt te Lakeview Boutique Hotel in Farrarmere gehou het.

“Ons is baie hartseer dat die Saries nie weer hierdie jaar saam sal kan kuier nie. Ons mis die gesels en die lief en leed wat ons altyd deel,” het Susan Noppe, skakelbeampte van die klub, gesê.

Volgens Noppe hoop die Sarie Klub om weer volgende jaar funksies aan te bied.

Sarie Klub is in 1971 deur Sarie Oberholzer en Babs Maré gestig en elke jaar het die groep vroue ’n reuse verskil in die gemeenskap gemaak.

Voor die grendeltyd het klublede een keer ’n maand ’n spoggeleendheid by plekke soos die De Bron Airport Gardens Boutique Hotel gehou wat met heerlike kos, goeie geselskap en onvergeetlike vermaak gevul is.

“Die klub word hierdie jaar 50, maar ons sal dit nou eers volgende jaar vier,” het Noppe bygevoeg.

Vir meer inligting, kontak Noppe by 083 268 7245.

Lees Ook: Bekende landskapargitek maak ’n draai by die Sarie Klub

Lees Ook: Heerlike eerste vergadering vir Sarie Klub

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button