Dansers van die Center Stage Dance Sudio in Boksburg het onlangs uitgeblink in die Con Spirito en Vivarte Eistoddfod-kompetisies wat onderskeidelik te Gereformeerde Kerk Boksburg-Suid en Laerskool Concordia gehou is.
Dis dansskool het die volgende uitslae behaal:
Con Spirito
Centre Stage het vyf A+++, 34 A++, 37 A+ en 13 A verwerf.
Vivarte
Center Stage het agt A +++, 30 A ++ en 33 A+ verwerf.
Van die dansskool se studente het ook in groepe deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die kontemporêre groep, Army, het ’n 98% by Vivarte en Con Spirito losgedans. Die Superhero-groep het 93% (Vivarte) en 98% (Con Spirito) gekry.
Verder het die skool se hip-hop-groep, Here come the police, 93% en 95% behaal.
Die eienaar van Center Stage, Tonia Veldman, is trots op die dansers se prestasies.
ALSO READ: Tackling the ballet exams
ALSO READ: Local dancer crowned Miss Body Beautiful Teen SA