Local newsNews

#Concordiabloedskenk: skenk bloed by Laerskool Concordia

Die spogskool het weer die publiek se hulp nodig om 'n sukses van hul bloedskenk-projek te maak.

Laerskool Concordia nooi die publiek uit om op 18 en 19 Augustus op sy skoolgronde bloed te skenk aan die SANBD

.Die skool is te Rietfonteinweg 99 geleë en die span van die nasionale bloedbank sal op altwee dae van 09:00 tot 16:00 gereed wees om skenkers by te staan.

Weens die pandemie kon die skool nie in 2020 ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op maandelikse basis bloed in vir die nasionale bloedbank.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

ALSO READ: Nog ’n bloedskenk rekord wink vir Concordia

ALSO READ: #Concordiabloedskenk: 37 eenhede bloed ingesamel in Mei

 

Related Articles

Back to top button