#Rubriek: Gepraat van … In die donkerte gehul

Aangesien kinders in hierdie era van tegnologie baie met lees en skryf sukkel is dit ’n goeie tyd om vir mekaar stories te vertel of om bordspeletjies te speel.

Asof ons nasie nie genoeg gehad het van uitdagings die afgelope jaar nie beleef ons tans bittere koue en daarmee saam het Eskom weer beurtkrag ingestel.

Luidens ’n onlangse nuusberig het DA LP Manny de Freitas oor die ontwrigting wat inwoners van Johannesburg moet verduur gesê die kragonderbrekings gaan in die wintermaande vererger as gevolg van die groot aantal onwettige verbindings in verskeie woongebiede.

So wat kan ek en jy doen om die situasie vir onsself gemakliker te maak?

Ilse is ‘n subredakteur by Caxton Local Media.

Behalwe om alles in ons vermoë te doen om krag te bespaar (ja, skakel die onnodige toestelle af) is dit my opinie dat ons daarmee vrede moet maak en onsself goed voorberei vir elke beurtkragsessie wat ons tref.

Kry ’n kragbank vir jou selfoon. Koop herlaaibare of batterygedrewe ligte. Maak seker jou skootrekenaar, selfoon en tablet is gelaai. Maak ’n fles vol kookwater as jy nie ’n gasstoof het nie.

Wat kan jy en jou gesin doen wanneer dit donker is en die Wi-Fi nie werk nie? Aangesien kinders in hierdie era van tegnologie baie met lees en skryf sukkel is dit ’n goeie tyd om vir mekaar stories te vertel of om bordspeletjies soos Scrabble en Trivial Pursuit te speel.

Wees voorbereid daarop dat jou tiener nie dadelik van storietyd of bordspeletjies gaan hou nie. Maar hou moed.
Uiteindelik gaan hy/sy by julle aansluit en dit geniet om weer deel van ma en pa se gesprekke te wees.

’n Ander manier om gesprekke aan te moedig is om ’n ‘gespreksfles’ te begin – elke lid van die gesin kan ’n vraag op papier skryf en in die fles plaas.

Wat gaan ons eet? Kook water op ’n gasstoof. Breek twee eiers in ’n Ziplock-sakkie en voeg bestanddele na smaak by – gerasperde kaas, gekapte tamatie en uie, asook sout en peper. Seël die sakkie en plaas dit in die kookwater.
Laat dit kook vir 13 minute. En daar het jy dit, ’n omelet vir een! (bron: Rooi Rose).

Ons is in die duister, maar ons Suid-Afrikaners sal, soos altyd, die lig voor in die wapad soek.

LEES OOK: Rudi Claase se loopbaan gaan steeds van krag tot krag

LEES OOK: Plaaslike renjaer op die wenpad

   

Exit mobile version