Local newsNews

Rudi Claase weer tuis na ligte beroerte

Die musikant het op 30 Mei op Facebook aangekondig dat hy ongeveer ’n maand gelede ’n ligte beroerte gehad het.

Die gewilde sanger Rudi Claase van Rynfield is op 4 Junie uit die rehabilitasiesentrum ontlsaan en gaan nou by sy huis aansterk.

Claase se vrou, Suzette, het dit bevestig.

Die 38-jarige musikant wat gereeld in Boksburg optree, was in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem nadat hy meer as ’n maand gelede ’n ligte beroerte gehad het.

“Die beroerte was stresverwant en het ’n uur lank geduur. Dit het die linkerkant van my liggaam totaal verlam. My een oog het oop gebly vir ’n volle uur en was totaal onbewus en styf,” het Claase 30 Mei op Facebook geskryf.

Volgens Suzette wys haar man se toetsuitslae dat daar geen permanente breinskade is nie.

“Daar is wel so bietjie skade aan sy balans en geheue. Daarom het hy op 8 Junie met terapie begin. Rudi sal hopelik binnekort weer in volle aksie wees.

“Ons is ook bly die dokters het so vinnig ingespring om Rudi te laat toets. As ons dit vir later gelos het sou die probleme miskien baie erger gewees.

“Dr Johan Nel van sy praktyk in Mercurystraat was wonderlik en het Rudi onmiddellik by ’n neuroloog ingekry,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat Claase nog ’n bietjie gefrustreerd is, maar hullw is net dankbaar oor die wonderlike nuus.

“Dit gaan baie beter met my. Die naweek was ek ’n bietjie siekerig, maar ek voel vandag heelwat beter,” het Claase op 7 Junie in ’n regstreekse video aan sy 44 656 volgelinge gesê.

“My borge pamperlang my. Ek loop normaal, praat normaal en my geheue kom lekker terug. Ek voel goed.”

Also Read:Rudi Claase sterk aan in rehabilitasiesentrum na beroerte

Also Read:Rudi Claase se nuutste album verkoop soos soetkoek

Related Articles

Back to top button