Local newsNews

Kyk: Richard Spoor wil Zuma gratis verdedig

Oudpresident Jacob Zuma se regspan het verlede week skielik onttrek aan sy korrupsiesaak wat binnekort in Pietermaritzburg aangehoor moet word. Die menseregteprokureur Richard Spoor het egter dalk ‘n stokkie voor sy planne gesteek.

Hy weet nie of oudpresident Jacob Zuma sy aanbod sal aanvaar nie, maar hy is bereid om die voormalige president gratis in die hof te verteenwoordig, sê die menseregteprokureur Richard Spoor.

Spoor het die aanbod gemaak na Zuma se regspan, wat hom in in sy korrupsiesaak volgende maand (17 Mei) moet verdedig, aan die saak onttrek het. Daar word druk bespiegel dat Zuma weer besig is om uitstel (vertragting) vir die saak te bewimpel.

Spoor het op 22 April op Twitter aangekondig dat hy bereid is om Zuma gratis te verdedig.

Hy is bekend vir sy spitsvondigheid en uitgesprokenheid op sosiale media en sê hy is baie ernstig oor sy aanbod. Volgens hom is enige Suid-Afrikaanse burger geregtig op regsverteenwoordiging in die hof.

Talle mense het op sosiale media hul misnoeë met Spoor se aanbod te kenne gegee en aangedui dat hy waarskynlik die spoor byster geraak het.

Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, genl. Johan Booysen, het egter op Facebook laat blyk dat Spoor eintlik ‘n briljante strategie volg.

“As hy (Zuma) nie regshulp kry nie, kan nog uitstel bekom word, sodat hy kan aansoek doen vir regshulp (nog vertraging). Indien hy die aanbod aanvaar kan die saak dadelik op die eerste verhoordag begin.

Sou hy regshulp weier, kan hy nie aanvoer daar is nie vir hom regshulp nie en sal die verhoorhof enige verdere uitstel in die verband weier. Die verhoor kan dan summier voortgaan,” het Booysen geskryf.

Spoor het aan Izak du Plessis gesê dat hy binne twee weke gereed behoort te wees vir die verhoor, en dat sy firma professionele diens aan Zuma sal lewer.

Kyk die onderhoud hier: 

Related Articles

Back to top button