Inspan Volkspelelaer Boksburg weer aan die dans

Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen se saal gehou onder leiding van Frans Nolte

Die Inspan Volkspelelaer Boksburg het onlangs hul bedrywighede weer hervat en nooi nou lede van die publiek uit om by hul aan te sluit vir oefenaande en samesyn.

Die laer het op 1 Maart vir die eerste keer byeengekom sedert die inperking ‘n realiteit geword het.
Entoesiastiese volkspelers kom nou elke Maandag om 7.30nm te Witfield Park Aftree-Oord se saal bymekaar.

Enige lid van die gemeenskap is welkom om saam te oefen.

Volgens Marita van der Walt, sekretaresse van die laer, word Covid-19-regulasies ten alle tye gevolg.

“Almal dra maskers en ons hou ons afstand van mekaar. Op hierdie stadium sing ons net en oefen passies wat ‘n mens op jou eie kan doen. Ons kan byvoorbeeld nie die tiekiedraai doen nie,” het Marita verduidelik.

Sy het gesê dat dit vir hul lekker is om weer te oefen om volkspele-musiek te hoor.

Vir meer inligting, kontak Stiaan by 079 4737 385 of Marita by 074 116 5497.

Lees Ook: Ria Kasselman steeds aan die dans na 50 jaar by Inspan Volkspelelaer

Lees Ook: Nuwe lokaal vir Inspan Volkspelelaer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version