NewsSchools

Ontmoet Voortrekker se nuwe adjunkhoof

Johan Fourie is gereed om Voortrekker na hoër hoogtes te neem

Johan Fourie staan nou gereed om die leisels oor te neem as die nuwe adjunkhoof van Hoërskool Voortrekker.

Fourie het amptelik op 1 Maart sy pos by Voortrekker betree.

Die Johannesburg-Suid-inwoner het in 2008 sy onderwysloopbaan by Oos-Rand Akademie begin. In 2009 het Fourie sy vlerke gesprei en ‘n pos by Hoërskool President aanvaar, waar hy vir die afgelope ongeveer 12 jaar skoolgehou het.

Die nuwe adjunkhoof gaan wiskunde aanbied vir ‘n matriekklas. Hy hoop ook om betrokke te raak by die afrigting van rugby en atletiek by die skool.

Fourie het vertel dat hy opgewonde en gereed is vir die nuwe uitdaging.

“Dit is ‘n aanpassing, maar ek gaan dinge vat soos dit kom en ek hoop om ‘n verskil te maak. Ek gaan elke dag my beste gee vir die voortbestaan en ontwikkeling van die skool asook die leerders,” het Fourie gesê.

Die skool het Fourie met ope arms verwelkom.

“My ontvangs by die skool was wonderlik. Almal is baie behulpsaam en vriendelik. Ek wil ook graag my vrou en my ouers bedank. Ek sou dit nie sonder hulle kon doen nie,” het hy vertel.

Lees Ook: Hoërskool Voortrekker announces executive council

Lees Ook: Nuwe adjunkhoof vir Laerskool Witfield

   

Related Articles

 
Back to top button