Local newsNews

Liefde wen by Witfield Park Aftree-Oord

Die inwoners het dit geniet om die dag van liefde te vier

Daar het op 12 Februarie ’n vrolike stemming geheers by die Witfield Park Aftree-oord toe inwoners en personeel Valentynsdag gevier het.
Tydens die vieringe was die saal versier met harte en rooi ballone. Die inwoners kon ook ’n driegangmaaltyd geniet.
Die oord se personeellede het almal rooi aangetrek en meeste van die inwoners het ook volgens die tema aangetrek.
Alle Covid-19-regulasies is gevolg.
Marinda Lombard, bestuurder van die aftree-oord, het die funksie as ’n sukses beskryf.
“Ons het sommer die hele naweek Valentynsdag gevier. Die inwoners het dit geniet,” het sy gesê.

Lees Ook: Solidariteit Helpende Hand Boksburg ontvang welkome skenking vir skryfbehoefte-projek

Lees Ook: Spices 4 Africa honours Witfield Park’s frontline workers

   

Related Articles

Back to top button