Plaaslike Ons Winkel kry nuwe baadjie

Jy kan tweedhandse items soos klere, skoene, speelgoed, linne, gordyne en kombuisware, by die welsynswinkel koop

Solidariteit Helpende Hand Boksburg se liefdadigheidswinkel in Witfield, wat onder die vaandel van Ons Winkel handel dryf, spog nou met nuwe bestuur.
Dié welsynswinkel het nuwe bestuur gekry nadat die plaaslike Helpende Hand se vorige voorsitter, Alida Reed, verlede jaar afgetree het.
Die Boksburg-tak se nuwe voorsitter, André Zeelie, en Amanda Zeelie, ondervoorsitter, is nou betrokke by die bestuur van die Ons Winkel te Mainstraat 49.
“Ons is positief oor die winkel se toekoms en ons het al begin om die winkel op te knap. Ons sien uit daarna om ’n verskil in die gemeenskap te maak en verwelkom alle inwoners met ope arms,” het Amanda gesê.

Amanda Zeelie, ondervoorsitter van Solidariteit Helpende Hand Boksburg, saam met ‘n klant, Lucy Molomo. Lucy is van die Jerusalem-informele nedersetting. Sy koop gereeld klere en speelgoed vir haar kinders by die plaaslike Ons Winkel.

Die winkel verkoop tweedehandse goedere soos klere, skoene, speelgoed, linne, gordyne en kombuisware, teen ’n winskopie.
Die ondervoorsitter het uitgelig dat die winkel skenkings in die vorm van bruikbare tweedhandse items sal waardeer.
“Uit die wins van die winkel se verkope stel ons studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap om te gaan studeer wat nie andersins ‘n geleentheid sou gehad het nie. Verder bied ons ook maatskaplike hulp aan,” het Amanda verduidelik.
Die plaaslike Ons Winkel se deure is op Maandae tot Donderdae vanaf 10vm to 3.3nm oop. Op Vrydae is die winkel vanaf 10vm tot 4.30nm oop en op Saterdae vanaf 10vm to 1nm.
Vir meer inligting, kontak André by 060 550 6077.
Volg ook die plaaslike Ons Winkel op Facebook by https://www.facebook.com/Ons-Winkel-Boksburg-118363089916316.

Lees Ook: Helpende Hand het dringend ondersteuning van die publiek nodig

Lees Ook: Help Solidariteit Helpende Hand om behoeftiges te ondersteun

   

Exit mobile version