Local newsNews

Solidariteit Helpende Hand Boksburg samel skryfbehoeftes in vir minderbevoorregtes

Skenk skryfbehoeftes om minderbevoorregte leerders in die gemeenskap te bemagtig

Nie alle leerders het die nodige skryfbehoeftes hom hul skoolwerk te doen nie.
Daarom is Solidariteit Helpende Hand Boksburg besig om skryfbehoeftes in te samel vir minderbevoorregte kinders in die gemeenskap.
Alhoewel Solidariteit Helpende Hand ’n tassie aan Graad Eens verskaf, bestaan daar by leerders in die ander grade ’n ernstige behoefte aan skryfbehoeftes.
Volgens Amanda Zeelie, ondervoorsitter van die plaaslike Helpende hand, is die doel van die projek om behoeftige leerders in die gemeenskap op te hef.
“Ons wil graag hê dat hierdie leerders skool op dieselfde vlak as hul maats begin. Ons wil nie hé dat hul ‘n agterstand moet hê omdat hul nie skryfbehoeftes het nie,” het die ondervoorsitter verduidelik.
Sy het gevra dat die publiek skenkings maak in die vorm van bruikbare skryfbehoeftes soos potlode en hardebandboeke (nuut of tweedehands). Die organisasie sal ook ‘n finansiële bydrae waardeer aangesien die fondse gebruik gaan word vir die aankoop van skryfbehoeftes.
Vir verdere inligting, kontak André Zeelie op 060 550 6077.

Lees Ook: Help Solidariteit Helpende Hand om behoeftiges te ondersteun

Lees Ook: Helpende Hand Boksburg ontvang welkome donasie

   

Related Articles

Back to top button