Local newsNews

Solidariteit ten gunste van ‘n veilige en gesonde terugkeer werk toe

Volgens die vakbond is gesondheid en veiligheid in die werkplek se kernpilaar risikobestuur

Solidarieit gee toe dat die terugkeer van werkers na die feesseisoen nuwe risiko’s inhou rakende die verspreiding van Covid-19 in die werkplek.

Die vakbond glo egter dat werkers te midde van ’n tweede golf infeksies steeds tuis kan werk of veilig na die werk kan terugkeer met die regte maatreëls wat geld.

Solidariteit het ’n 10-puntplan om gesond terug te keer werk toe uitgestuur.
Die uitgangspunt is dat werkgewers onverskrokke teen die virus, maar ook onverskrokke vir die ekonomie en werk moet wees.

“Onder die huidige regulasies mag, met enkele uitsonderings, werknemers na afloop van die vakansie terugkeer werk toe. Ons 10-puntplan is binne die bestaande statutêre raamwerk van die Covid-19-regulasies.

“Dié plan maak nie ’n keuse tussen werk en gesondheid nie, maar eerder ’n keuse vír gesonde werk,” het Paul Mardon, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, gesê.
Volgens Mardon lyk die risiko’s in terme van Covid-19 totaal anders as Desember toe baie werknemers op vakansie gegaan het.

“Dié 10-puntplan maak voorsiening vir behoorlike risiko-analises. Gesondheid en veiligheid in die werkplek se kernpilaar is risikobestuur.

“Hierdie plan maak voorstelle vir verskeie wyses om risiko’s te bestuur, insluitend die hersiening van protokolle met die nuwe uitdagings van Covid-19 in gedagte. Die plan stel ook voor dat werknemers steeds, waar moontlik, van die huis af werk,” het hy Mardon bygevoeg.

Die plan stipuleer dat gesondheidsprotokolle, soos byvoorbeeld die ontsmetting van werkstasies, die was en ontsmetting van hande, rekordhouding van persone wat die werkplek betree, die handhawing van ’n gesonde afstand (minstens 1.5m) en die versekering van goeie ventilasie, streng nagekom word.

Lees die volledige plan hier: https://solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2021/01/2021-01-09-SOLIDARITEIT-10-PUNT-PLAN-GESONDE-VEILIGE-TERUGKEER-NA-WERK.docx.pdf

Lees Ook: Skep hoop saam met Solidariteit

   

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button