Laerskool Baanbreker se leerders het onlangs uitgeblink in redenaars- en kultuurkompetisies wat aanlyn plaasgevind het.
Agtien leerders dring deur na die landswye finaal van radikale redenaars en verwerf daar ses tweede plekke, vyf derde plekke, sewe vierde plekke en vier vyfde plekke.
By die landswye finaal van die interskole redenaars behaal hulle 10 eerste plekke, sewe tweede plekke en drie derde plekke.
Lees Ook: Laerskool Baanbreker-leerders woeker met die pen