Corries blink uit in redenaars

Die skool is trots op die leerders se prestasies

Ten spyte van ’n moeilike jaar vol uitdagings, het Laerskool Concordia se redenaars die afgelope jaar op nasionale vlak presteer.

Corries het onder andere aan die interskole -en radikale redenaarskompetisies deelgeneem en uitstekende resultate opgelewer.

Die spogskool se Graad Drie redenaarspan (Engels) is as die wenners van beide kompetisies aangewys.

Die Graad Vyf en Sewe redenaarspan het ’n eerste plek by die provinsiale interskole losgepraat en die Graad Vier redenaarspan is die wenners van die radikale nasionale redenaars.

JC Burger is as die wenner van die interskole se landsfinaal en naaswenner van die radikale redenaars aangewys.

Shaniqua Steenkamp het ’n tweede en twee derde plek by radikale redenaars verwerf. Sy het ook onder die top 10 gekom by interskole se landsfinaal.

Lees Ook: Concordia se leerders sing saam met Touch of Class

Lees Ook: Concordia se spanredenaars is tops

   

Exit mobile version