Publiek genooi om bloed te skenk by Concordia

Die skool gaan poog om meer as 100 eenhede bloed in te samel

Laerskool Concordia veg steeds hand en tand om die SANBD se bloedvoorraad aan te vul.

Daarom gaan die skool weer vanaf 3 tot 6 November op die skoolgronde bloed insamel vir die nasionale bloedbank.

“Ons wil graag die publiek aanmoedig om hierdie inisiatief te ondersteun. Met die feesseisoen wat nader kruip gaan die bloedbank belis nog bloed benodig,” het Ronel Steenkamp, skakelbeampte van Concordia, verduidelik.

Die skool is te Rietfonteinweg 99 geleë.

Om bloed te kan skenk moet jy:

• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Concordia het in 2019 hulle eie Suid-Afrikaanse rekord van die meeste bloed wat binne 12 ure geskenk word vanaf 258 eenhede na 516 eenhede verdubbel.

Lees Ook; Concordia samel 98 eenhede bloed in tydens nog ‘n suksesvolle bloedinsameling

Lees Ook: Laerskool Concordia breek hulle eie rekord van die meeste eenhede bloed geskenk

   

Exit mobile version