Local newsNews

Twee Applouskonserte by Carnival City te sien die week

Lefra Produksies bring hierdie week twee konserte na Carnival City toe

Sangeres Helene Bester bring hulde aan die ikoniese Nana Mouskouri op 15 Oktober om 7nm en Mathys Roets stel sy nuwe produksie, Reën, op 18 Oktober om 3nm bekend.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, sê Lefra is baie opgewonde en dankbaar om terug te wees met lewendige teater.

Die volgende Covid-19 protokols is in plek wanneer jy Carnival City besoek:

• Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word.
• Elke gas moet sy of haar identiteitsdokument of MVG-kaart by die ingang toon.
• Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande ontsmet by die ingange.
• Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word.
• Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word.
• Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.

Bespreek nou vir Lefra se Applouskonserte by Computicket.

• Kompetisie: Een leser/luisteraar kan ’n dubbelkaartjie wen na al drie Lefra se Applouskonserte. Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra se kompetisie kan jy die volgende na 43366 SMS: Wen Applous Boksburg Advertiser, dan jou naam en van en dan jou stad of dorp. Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met Lefra en Boksburg Advertiser Applous-kompetisie as onderwerp. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

Lees Ook:Lefra presents Two Generations Country in the comfort of your living room

Lees Ook:Huldeblyk: Vier Gé Korsten se lewe in die gemak van jou sitkamer

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button