Laerskool Baanbreker-leerders woeker met die pen

Die wenners het elk 'n sertifikaat en kontantbedrag ontvang vir hul skryfwerk

Laerskool Baanbreker se leerlders het hul skool se naam hoog gehou in Con Spirito en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK)-Kultuurnetwerke se skryfkompetisie, Woeker-met-die-pen.

Die volgende leerders van Baanbreker het in die kompetisie uitgeblink:

Lea Vorster het ‘n eerste plek ingepalm met haar opstel Die glas is half leeg in die kategorie vir Graad Vier-tot Vyf-leerlinge.Sy het erkenning gekry vir haar gedig, Wie dra die broek.

Chelsey Raath het ‘n tweede plek behaal met haar opstel ‘n Heldin onder die tafel in die kategorie vir Graad Vier-tot Vyf-leerlinge. 

Avonique van Rooyen is in die tweede plek met haar opstel Vryheid, vasgevang of veilig, in die kategorie vir Graad Ses tot Sewe leerders.

Cessandra Raath het ‘n derde plek gekry vir haar kortverhaal, Die storie oor 2020 in die kategorie vir Graad Ses-tot Sewe- leerlders.

Oor die 100 inskrywings is landwyd, insluitende Namibië, ontvang. Die skryfwerke is deur die bekende skrywers, Carla van der Spuy en Sarina Dönges, beoordeel.

Elke wenner het ‘n sertifikaat en ‘n kontantbedrag van R2 500 (eerste plek) of R1 500 (tweede plek) of R1 000 (derde plek) gewen.

Lees Ook:Baanbreker se redenaars blink uit

Lees Ook: Jansies vaar goed in Con Spirito se aanlynkunswedstryd

 

 

Exit mobile version