Local newsNews

Geniet Groet die Groetman 2 in die gemak van jou eie huis

Die skreeusnaakse Wynand van Vollenstee is te sien in Groet die Grotman 2

Lefra Produksies bied op 13 September om 5nm Groet die Grotman 2 met die skreeusnaakse Wynand van Vollenstee (Karate Kallie) aanlyn aan as deel van hul Kelderkonserte.

In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld. Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram).

“Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak,” sê skrywer en regisseur Frans Swart.

“’n Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Fliekgangers sal Wynand onthou as Kallie in die rolprent Karate Kallie, Bennie in Platteland en die braaivleisman in Superhelde.

“Televisisiekykers sal hom herken as Gielie in Ouboet en Wors. Op die verhoog was hy te sien as Barta in die produksie Fiela se Ander Kind en as Kleinboet in Ons vir Jou. Hy verskyn in twee van Lefra se klugte, naamlik My Vrou se Man se Vrou en later in My Man se Skelmpie se Skelmpie.”

Lees Ook: Lefra presents Two Generations Country in the comfort of your living room

Lees Ook: Andrè Die Skreeusnaakse hipnotiseur is terug

 

Related Articles

Back to top button