NewsSchools

Concordia samel 98 eenhede bloed in tydens nog ‘n suksesvolle bloedinsameling

Die spogskool het 98 eenhede bloed ingesamel

Laerskool Concordia het die afgelope week liefde in die vorm van vloeistof gegee toe hulle bloed ingesamel het om die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) te help om hul bloedvoorraad aan te vul.

Ronel Steenkamp, die skakelbeampte van Concordia, het verduidelik dat die spogskool met hul tweede bloedinsameling gedurende die inperking op 1, 2, 3 en 4 September 98 eenhede bloed op die skool se gronde ingesamel het.

“Dit is ons manier om terug te gee aan die gemeenskap. Ongelukkig kan ons weens Covid-19 nie ‘n groot bloedskenkdag hou nie. Daarom het ons besluit om oor vier dae bloed in the samel.

“Mense is op hierdie stadium bang om bloed te skenk, maar elke druppel help tog. Daarom is ons dankbaar vir almal in die gemeenskap wat bloed kom skenk het. Dit kos jou niks, maar dit maak ‘n groot verskil as mens bloed skenk.,” het Steenkamp gesê.

Trude Gareekoe van die nasionale bloedbank het die inisiatief as ‘n sukses beskryf en het Laerskool Concordia bedank vir hulle ondersteuning.

“Elke druppel bloed maak ‘n verskil en ons is dankbaar dat ons ‘n hegte verhouding met Concordia het. Hulle help ons altyd waar hulle kan.

“As ons nie nou iets doen om bloed in te samel nie gaan ons binnekort met nog ‘n krisis sit, en ons kan dit nie bekostig nie. Oor net ‘n paar maande is dit Desember en dan gaan bloed hoog in aanvraag wees.

“Daarom moet ons nou proaktief optree om bloed in te samel,” het Trude gewaarsku.
Sy het ook bygevoeg dat dit veilig is en dat dit belangrik is dat mense gereeld kom bloed skenk.

Die gemeenskap word ook aangemoedig om bloed y die bloedbank se fasiliteite by die East Rand Mall te skenk.

Also read: VIDEO: Concordia samel 101 eenhede bloed in

Also read: SANBS urges public to help keep blood stocks flowing

 

 

Related Articles

Back to top button