Local newsNews

Oosie blink uit in talentkompetisie

Sy het nog altyd 'n passie vir die verhoog gehad en is lief vir sing, dans, modelwerk en redenaars

Chanté Werner van Hoërskool Oosterlig het uitgeblink by die Talent Africa National Championships en is nou vasbeslote om haar stempel in die vermaaklikheidsbedryf af te druk.

Die talentvolle 14-jarige het 18 goue medaljes vir drama en modelwerk ingepalm. Sy is ook aangewys as Miss Junior Talent Africa tweede prinses en Overall Junior Actor.Werner het verder haar provinsale kleure ontvang en is gekies om volgende jaar haar land in New York en Spanje te verteenwoodig.

“Dit was vir my onverwags om so goed te doen maar ook baie lekker om hierdie toekennings te ontvang. ‘n Mens voel trots op jouself en besef dat jy die vrugte gepluk het van al jou harde werk,” het sy verduidelk.

Sy het nog altyd ‘n passie vir die verhoog gehad en is lief vir sing, dans, modelwerk en redenaars.

“Ek het op die ouderdom van ses al begin modelwerk doen. Ek is net mal daaroor om op die verhoog te wees. Ongelukkig kon ek weens die inperking nie juis aan kompetisies deelneem nie. Ek mis dit en ek weet kunstenaars kry swaar op die oomblik, maar ek glo die bedryf sal met die tyd weer herstel.”

Die donkerkop het gesê dat bekende akrises soos Jennifer Anniston en Leandi du Randt haar geïnspireer het om haarself op die verhoog uit leef.Chanté droom daarvan om eendag haar loopbaan in Amerika te vestig, maar sy benodig fondse om Suid-Afrika in New York of Spanje te gaan verteenwoordig.

Kontak vir Hans Werner 083 570 8873 indien jy ‘n bydrae wil maak.

LEES OOK: 

Impala Park sangeres blink uit in aanlyn opera-kompetisie

LEES OOK: 

Plaaslike sangeres stel hierdie jaar nuwe Afrikaanse popmusiek album vry

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button