Local newsNews

Impala Park sangeres blink uit in aanlyn opera-kompetisie

Sy is reeds hard aan die werk om vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste voor te berei

Bekroonde sangeres van Boksburg Tracy-Lee Booysens is onlangs as ’n finalis in die Voices of South Africa Opera Singing Competition aangewys.

Die kunstenaar het verduideik dat die kompetisie hierdie jaar te midde van die Covid-19 pandemie aanlyn gehou is.

“Ongeveer 70 aspirant sangers van regoor die land het ingeskyf. Kenners het dan 21 sangers gekies. Daarna is 12 sangers as finaliste aangewys,” het sy verduidelik. Sy is ’n finalis in die 16 tot 22 jaar ouderdomsgroep.

““Ek is baie trots op die prestasie en ek wil graag almal bedank wat my ondersteun het. Ek sou dit nie sonder hulle kon doen nie.

“Die kompetisie is ’n wonderlike geleentheid en uitstekende platform.vir uitvoerende kunstenaars. Dit is ook lekker om te sien dat mense nog operamusiek waardeer. “Met die pandemie kan kunstenaars nie optree nie. Ek is deel van ’n musiekgroep, The Sound Collective, en al ons optredes is uitgestel.”

Sy voeg by dat die taak uitdagend is om nie van aangesig-tot-aangesig saam met haar sangafrigter te kan oefen nie. Sy werk ook aan haar studies en berei voor vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste wat later vanjaar sal

ALSO READ: 

Tracey-Lee verower 37 medaljes by die SA Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste

ALSO READ: 

Plaaslike sangeres stel hierdie jaar nuwe Afrikaanse popmusiek album vry

Related Articles

Back to top button