Helpende Hand het dringend ondersteuning van die publiek nodig

Ondersteun Helpende Hand se liefdadigheidswinkel in Witfield of maak 'n skenking aan die organisasie sodat hulle behoeftiges kan help

Solidariteit Helpende Hand Boksburg het dringend skenkings nodig om behoeftiges te midde van die Covid-19 pandemie by te staan.

Donasies in die vorm van klere, voedsel, breekware en meubels, byvoorbeeld, sal verwelkom word.

Volgens voorsitter Alida Reed sal dit Solidariteit in staat stel om ‘n helpende hand na die behoeftige gemeenskap uit te reik.

“Ons is ‘n nie-winsgewende organisasie wat betrokke is by veral laer- en hoërskole, kinderhuise, individuele gesinne onder ons voedingskema, ouetehuise en plakkerskampe,” het Reed gesê. “Donasies wat ons nie kan uitdeel aan die gemeenskap nie, word in Ons Winkel, in Mainstraat 49, Witfield, verkoop en die opbrengs gaan ten bate van ons studiefonds.”

LEES OOK: 

Solidarity Helping Hand’s Ons Winkel operational during level four lockdown

Sy vertel dat die plaaslike tak nou ekstra 77 gesinne bystaan weens die negatiewe uitwerking wat die pandemie op die ekonomie het.

“Die nood is groot en talle mense het nou ons hulp nodig. Ons sukkel om by te hou omdat so baie mense hul werk verloor. Daarom sal ons dit veral waardeer as mense voedsel kan skenk of ons liefdadigheidswinkel kan ondersteun. Die winkel is oop onder die regulasies van die inperking,” het sy bygevoeg.

Die publiek is welkom om hul skenkings by De Bruinstraat 1 af te lewer.

Vir meer besonderhede kontak Alida op 082 228 3552 of onder-voorsitter Amanda Zeelie op 083 339 91688.

Besoek ook www.helpendehand.co.za.

LEES OOK: 

Talle baat by Solidariteit se tassie-projek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version